Sunday 31 July 2011

GGP Voorwoord & Inhoudsopgawe

VOORWOORD

'n Oorbevolkte wêreld in bestaansnood en sonder hoop, het God se waarheid brood nodig. Die Kerk as liggaam van Christus is die draer van hierdie waarheid. Wanneer die Kerk stil word, verbeur die desperaat-wanhopige wêreld sy kans op verlossing.
Die meerderheid lidmate van die Kerk het weinig begrip van hul plek en funksie as lede van die liggaam van Christus. Om aan 'n kerk te behoort, beteken vir baie van hulle nie veel meer as om op te daag, te luister, te sing en te betaal nie.
As die onderskeie lede van die liggaam van Christus wat deur die Kerk gevoed en versorg moet word, nie geestelik groei ooreenkomstig die beeld van Christus nie, sal die Kerk ongetwyfeld as nie ter sake saam met die res van die wêreld bankrot op die kantlyn beland.
Die vraag is of die wêreld die afwesigheid van só 'n Kerk selfs sal opmerk! Geen nood maatreëls sal hom uit daardie nuttelose posisie verlos nie.
Ons glo dat God vir ons in die Geestelike Groeiprogram 'n opwindende hulpmiddel gegee het vir meer volwasse kinders van God, om hul minder volwasse broers en susters in die Here op 'n persoonlike, doelgerigte en behoefte georiënteerde wyse te begelei in hul geestelike groei. 'n Hulpmiddel wat die mense uit die banke sal beweeg om te deel in die werk van God se koninkryk.
Die Geestelike Groeiprogram is Bybels, deurgebid, maklik om te verstaan en baie prakties. Dit kan baie effektief gebruik word om die Kerk se taak om God se kinders toe te rus, te motiveer en te mobiliseer, makliker en meer Skrifgetrou te maak.

ERKENNINGS

Christopher B. Adsit het die teoretiese raamwerk waarbinne persoonlike dissipelmaking geskied, in sy boek "Personal Disciplemaking" (Here's Life Publishers, San Bernardino, VSA. 1988) uiteengesit. Hy het ook doelwitte waarheen persoonlike dissipelmakers met dissipels van Christus kan werk, geformuleer. Hy het hierdie doelwitte gegroepeer volgens geestelike ontwikkelingsfases en ten opsigte van bepaalde areas van geestelike groei. Hierdie werk van Chris is as grondslag gebruik vir die ontwikkeling van die Geestelike Groeiprogram vir Dissipels en Persoonlike Dissipelmakers.
Daar is een geestelike groeiarea (leefwêreld) in die Geestelike Groeiprogram bygewerk, sowel as 'n aantal doelwitte en materiaal wat deur geestelike groeileiers (persoonlike dissipelmakers) gebruik kan word in die begeleiding van dissipels, ooreenkomstig gestelde doelwitte.

Die volgende persone se bydraes word ook met groot dank erken: Dr. Paul David Tripp; Dr. S.J. Eloff; Prof. Flip Buys; Prof. J.L. Weyers; Ds. Tiens van der Walt; Fanus Viviers; Gerrie Schoeman; Gawie Malan; Lukas Neethling; Costa Vayenas; Mev. M.E. Eloff; Dr. Nico Mulder.
Ds. Dirk van der Merwe se groot bydrae in die eerste ontwikke-lingsfase van die Geestelike Groeiprogram verdien spesiale vermelding. Sy voortgesette kundige betrokkenheid word opreg waardeer.
Ds. Jan van Heerden verdien spesiale erkenning vir die ontwerp van die voorblad en bemarkingsmateriaal.

INHOUDSOPGAWE

1. VIR WIE IS DIE GEESTELIKE GROEIPROGRAM BEDOEL?
2. WAT IS DIE GEESTELIKE GROEIPROGRAM?
3. HOE IS DIE GGP SAAMGESTEL?
4. HOE WORD DIE GGP GEBRUIK?
5. GEESTELIKE GROEI DOELWITKAART
6. ALGEMEEN

1. VIR WIE IS DIE GEESTELIKE GROEIPROGRAM BEDOEL?

Stem jy saam dat jy as lid van die liggaam van Christus, deur God geroep is vir 'n bepaalde taak? Stem jy ook saam dat jy die potensiaal het om effektief in die koninkryk van God te kan meewerk, maar dikwels nie presies weet met wie, waar, wanneer en hoe nie? Is dit so dat jy dikwels nie weet wat anders om met 'n persoon te doen as hy reeds kerk toe gaan, bid en sy Bybel lees nie? Is dit ook so dat jy dikwels nie weet hoe om 'n mede-Christen te motiveer en te help om sy eie verhouding met God te verdiep nie? Is dit waar dat jy unieke behoeftes het en dat die proses van geestelike groei spesifiek en persoonlik genoeg moet wees om hierin te voorsien? Is dit waar dat jy graag 'n gewer van die Brood van die Lewe wil wees en nie bloot 'n ontvanger daarvan nie? Is dit ook waar dat jy graag toegerus wil word vir jou dienswerk? Is dit waar dat jy baie min tyd en geld het om aan kerklike dienswerk te bestee? As jy met hierdie vrae saamstem, sal die Geestelike Groeiprogram van groot waarde vir jou wees.

2. WAT IS DIE GEESTELIKE GROEIPROGRAM?

Die Geestelike Groeiprogram (GGP) is ontwerp as hulpmiddel vir dissipels en persoonlike dissipelmakers of geestelike groeileiers. 'n Dissipel is 'n leerling van Christus. 'n Persoonlike dissipelmaker is 'n lid van die liggaam van Christus wat die Groot Opdrag en laaste wens van ons Here (Matteus 28:18-20) uitvoer, deur 'n mede lid van die liggaam van Christus te leer om alles te onderhou wat Hy beveel het, en hom so doende begelei in sy groei tot geestelike volwassenheid.
Die veronderstelling met die GGP is dat dissipels van Christus nie almal dieselfde geestelike behoeftes het nie. Daarom maak die GGP dit vir dissipels moontlik om op hulle eie spesifieke geestelike behoeftes te fokus. Die GGP maak dit ook vir dissipelmakers moontlik om op spesifieke geestelike behoeftes van die betrokke dissipel vir wie hy begelei te fokus, en om nie te veel of te min van hom te verwag of vir hom te leer nie.
Die GGP bestaan uit 'n aantal geestelike groei doelwitte vir dissipels. Vir elke doelwit is daar materiaal beskikbaar vir dissipels en wat deur persoonlike dissipelmakers gebruik kan word in die begeleiding van dissipels tot bereiking van die betrokke doelwit.

3. HOE IS DIE GGP SAAMGESTEL?

Eerstens is daar, op grond van die beeld wat deurgaans deur Paulus gebruik word, tussen vyf geestelike groeifases onderskei (Deel 1: 'Pasgebore' Fase; Deel 2: 'Baba' Fase; Deel 3: 'Kinder Fase'; Deel 4: 'Adolessente' Fase; Deel 5: 'Volwasse' Fase).

Tweedens is daar, volgens die verskillende tipes interaksie waarby mense gereeld betrokke raak, en waartydens baie spesifieke areas van hulle geestelike lewens aan verandering bloot gestel word, tussen agt geestelike groei areas onderskei (woord, gebed, persoonlike groei, gesin, gemeenskap, getuienins, bediening, leefwêreld).
Die geestelike groeiarea wat ons "Woord" noem, verwys na daardie area in die gelowige se geestelike lewe waarin hy kan verander deur nader aan die beeld van Christus te groei of verder daarvandaan agteruit te gaan, wanneer God deur sy Woord met hom spreek.
Die geestelike groeiarea wat ons "Gebed" noem, verwys na daardie area in die gelowige se geestelike lewe waarin hy kan verander deur nader aan die beeld van Christus te groei of verder daarvandaan agteruit te gaan, wanneer hy in gebed met God kommunikeer.
Die geestelike groeiarea wat ons "Persoonlike Groei" noem, verwys na daardie area in die gelowige se geestelike lewe waarin hy kan verander wanneer hy sy eie ideesisteem orden ooreenkomstig Bybelse waarhede en die voorbeeld van Christus.
Die geestelike groeiarea wat ons "Gesinslewe" noem, verwys na daardie area in die gelowige se geestelike lewe waarin hy kan verander deur nader aan die beeld van Christus te groei of verder daarvandaan agteruit te gaan, wanneer hy in interaksie verkeer met lede van sy gesin.
Die geestelike groeiarea wat ons "Gemeenskap" noem, verwys na daardie area in die gelowige se geestelike lewe waarin hy kan verander deur nader aan die beeld van Christus te groei of verder daarvandaan agteruit te gaan, wanneer hy met mede gelowiges in interaksie verkeer.
Die geestelike groeiarea wat ons "Getuienis" noem, verwys na daardie area in die gelowige se geestelike lewe waarin hy kan verander deur nader na die beeld van Christus te groei of verder daarvandaan agteruit te gaan, wanneer hy in doelgerigte interaksie met ongelowiges verkeer.
Die geestelike groeiarea wat ons "Bediening" noem, verwys na daardie area in die gelowige se geestelike lewe waarin hy kan verander deur nader aan die beeld van Christus te groei of verder daarvandaan agteruit te gaan, wanneer hy in doelgerigte interaksie verkeer met 'n individu of 'n spesifieke groep na wie God hom gestuur het, en waartydens hy sy Godgegewe gawes, natuurlike talente en aangeleerde vaardighede aanwend.
Die geestelike groeiarea wat ons "Leefwêreld" noem, verwys na daardie area in die gelowige se geestelike lewe waarin hy kan verander deur nader aan die beeld van Christus te groei of verder daanvandaan agteruit te gaan, wanneer hy in interaksie verkeer met natuur en kultuur.

Derdens is daar geestelike groei doelwitte geformuleer vir elkeen van hierdie groei fases en -areas. Vir elke geestelike groei fase van elke geestelike groeiarea, is daar kennisdoelwitte, gesindheidsdoelwitte en aktiwiteitsdoelwitte geformuleer. Hierdie doelwitte is as volg genommer: Die eerste nommer verwys na die groeifase. Die tweede nommer verwys na die groeiarea. Die derde nommer verwys na die soort doelwit (kennis-, gesindheids-, aktiwiteitsdoelwit). 'n Geestelike groei doelwit-kaart waarin die plasing van doelwitte visueel uiteengesit word, verskyn hieronder.

Vierdens is daar vir elke doelwit materiaal geskryf wat die dissipel kan help om die betrokke doelwit in sy geestelike lewe te bereik. Hierdie materiaal is in hierdie handleiding vervat ('click' op lys gepubliseer onder die opskrif 'Blog Archive', op regterhand van hierdie bladsy, vir toegang tot materiaal).
Omdat alle dissipelmakers self ook dissipels is en dikwels nie iemand het om hom in sy geestelike groei te begelei nie, is materiaal vir die dissipel self geskryf. Riglyne en wenke vir persoonlike dissipelmakers wat dissipels aan die hand van die bogenoemde doelwitte in hulle geestelike groei begelei, is in voetnotas vervat (lw: voetnotas sal met verloop van tyd by hierdie elektroniese kopie van die GGP bygewerk word).

4. HOE WORD DIE GGP GEBRUIK?

Indien jy hierdie Geestelike Groeiprogram vir die eerste keer gebruik, word aanbeveel dat jy dit van voor tot agter deur blaai / werk. Namate jy vorder besluit jy dan self watter doelwitte meer en watter doelwitte minder tersake vir jou geestelike groei is, en spandeer meer of minder tyd daaraan.
Jy kan ook eers die selfevalueringsvraelys wat jy saam met die GGP ontvang het, invul en daarna jou eie geestelike groeiprofiel trek (lw: die selfevalueringsvraelys sal mettertyd by hierdie elektroniese kopie van die GGP bygewerk word). Dit word gedoen deur eenvoudig 'n kruisie onder die 1, 2, 3, of 4 op die toepaslike profielkaarte te trek (linkerkantste antwoord op selfevalueringsvraelys = 1, tweede van links = 2, derde van links = 3, regs = 4). Die kruisies word verbind om 'n profiel te vorm. Kyk of jy bepaalde tendense op die profielkaarte kan vind (het jy byvoorbeeld deurgaans lae aktiwiteitswaardes en hoë kenniswaardes? Stem die lae aktiwiteitswaardes ooreen met lae gesindheidswaardes? Het jy deurgaans gemiddelde gesindheids-waardes terwyl jou kenniswaardes hoog is?). Uit hierdie gegewens kan jy vir jouself 'n geestelike groei kurrikulum saamstel wat op jou spesifieke geestelike tekortkominge en swakpunte fokus. Gaan dan voor God met jouself 'n ooreenkoms aan om hierdie doelwitte een vir een deur te werk totdat jy hulle almal in jou geestelike lewe bereik het.
Indien jy reeds vertroud is met hierdie Geestelike Groeiprogram, kan jy een ander persoon wat minder volwasse in sy of haar geestelike lewe is, in sy of haar geestelike groei begelei, aan die hand van hierdie GGP. Hierdie manier word volledig verduidelik onder doelwit 4.7.1.c op bladsy 121 van deel 4.
Indien jy reeds vertroud is met die GGP, kan jy dit ook in 'n geestelike groeigroep gebruik. Dit word volledig onder doelwit 3.7.1.f op bladsy 97 van deel 3 verduidelik.

Indien jy reeds vertroud is met die GGP, kan jy ook as Selgroepleier / Bybelstudie groepleier, Bybelstudie materiaal vir jou groep uit die GGP voorberei (sien doelwit 3.5.3.b op bladsy 80 van deel 3, en Indeks van Aktuele Temas in Deel 6). Jy selekteer dan sekere doelwitte wat jy graag met hulle wil behandel, berei jou aan die hand van die materiaal wat in die GGP vir die geestelike groeileier beskikbaar gestel is voor, en stel jou eie uitdeelstukke uit die materiaal saam of maak 'n GGP vir elke groeplid beskikbaar (moet asseblief nie materiaal vir hierdie doel uit die GGP kopieer nie).

5. GEESTELIKE GROEI DOELWITKAART


FASE ®
AREA ¯
Groeifase 1 Geboortesorg
Groeifase 2 Babafase
Groeifase 3 Kinderfase
Groeifase 4 Adolessente-
fase
Groeifase 5 Volwasse-
fase
Woord
1.1.1
1.1.2
1.1.3
2.1.1
2.1.2
2.1.3
3.1.1
3.1.2
3.1.3
4.1.1
4.1.2
4.1.3
5.1.1
5.1.2
5.1.3
Gebed
1.2.1
1.2.2
1.2.3
2.2.1
2.2.2
2.2.3
3.2.1
3.2.2
3.2.3
4.2.1
4.2.2
4.2.3
5.2.1
5.2.1
5.2.3
Persoonlike groei
1.3.1
1.3.2
1.3.3
2.3.1
2.3.2
2.3.3
3.3.1
3.3.2
3.3.3
4.3.1
4.3.2
4.3.3
5.3.1
5.3.2
5.3.3
Gesin
1.4.1
1.4.2
1.4.3
2.4.1
2.4.2
2.4.3
3.4.1
3.4.2
3.4.3
4.4.1
4.4.2
4.4.3
5.4.1
5.4.2
5.4.3
Gemeenskap
1.5.1
1.5.2
1.5.3
2.5.1
2.5.2
2.5.3
3.5.1
3.5.2
3.5.3
4.5.1
4.5.2
4.5.3
5.5.1
5.5.2
5.5.3
Getuienis
1.6.1
1.6.2
1.6.3
2.6.1
2.6.2
2.6.3
3.6.1
3.6.2
3.6.3
4.6.1
4.6.2
4.6.3
5.6.1
5.6.2
5.6.3
Bediening
1.7.1
1.7.2
1.7.3
2.7.1
2.7.2
2.7.3
3.7.1
3.7.2
3.7.3
4.7.1
4.7.2
4.7.3
5.7.1
5.7.2
5.7.3
Leefwêreld
1.8.1
1.8.2
1.8.3
2.8.1
2.8.2
2.8.3
3.8.1
3.8.2
3.8.3
4.8.1
4.8.2
4.8.3
5.8.1
5.8.2
5.8.3

6. ALGEMEEN

Die GGP diskrimineer nie teen vrouens nie. Alhoewel daar deurgaans in die manlike vorm na die dissipel verwys word, word elke keer ook die vroulike vorm bedoel.
Daar is deurgaans so veel moontlik Skrifgedeeltes aangehaal in die materiaal beskikbaar vir geestelike groeileiers. Dit is egter nie altyd nodig om almal te bestudeer nie. Die geestelike groeileier kan self besluit hoeveel en watter Skrifgedeeltes vir die dissipel, groeigroep of Bybelstudiegroep tersake is.
Die GGP maak nie aanspraak op volledigheid nie. Die materiaal is slegs bedoel om as basis of riglyn te dien vir die bereiking van geestelike groei doelwitte. Ongeag hierdie basiese riglyne, moet jy jou altyd deur die Heilige Gees laat lei.

GGP Deel 1

Geestelike Groeiprogram vir Dissipels en Dissipelmakers

DEEL 1 (Groeifase 1: 'Pasgebore Fase')

Dr. J. M. B. Eloff

Tweede Uitgawe 1994
Kopiereg 1994: Dr Johann Eloff
Posbus 71, Mansfield, QLD, 4122, Brisbane, Australie
Ó Alle regte voorbehou. Geen deel van hierdie publikasie mag in enige vorm gedupliseer word sonder die toestemming van die uitgewer nie.
Gedruk in Suid-Afrika.


INHOUD

1. GROEIFASE 1 (PASGEBORE)
1.1 GROEIAREA: WOORD
1.1.1 Kennisdoelwitte: 3
1.1.2 Gesindheidsdoelwitte 5
1.1.3 Aktiwiteitsdoelwit: 6
1.2 GROEIAREA: GEBED
1.2.1 Kennisdoelwitte: 8
1.2.2 Gesindheidsdoelwit: 9
1.2.3 Aktiwiteitsdoelwit: 9
1.3 GROEIAREA: PERSOONLIKE GROEI 10
1.3.1 Kennisdoelwitte: 11
1.3.2 Gesindheidsdoelwitte: 15
1.3.3 Aktiwiteitsdoelwit: 17
1.4 GROEIAREA: GESINSLEWE 18
1.4.1 Kennisdoelwitte: 19
1.4.2 Gesindheidsdoelwit: 22
1.4.3 Aktiwiteitsdoelwit: 22
1.5 GROEIAREA: GEMEENSKAP 24
1.5.1 Kennisdoelwit: 25
1.5.2 Gesindheidsdoelwit: 25
1.5.3 Aktiwiteitsdoelwit: 25
1.6 GROEIAREA: GETUIENIS 26
1.6.1 Kennisdoelwitte: 27
1.6.2 Gesindheidsdoelwit: 27
1.6.3 Aktiwiteitsdoelwit: 28
1.7 GROEIAREA: BEDIENING 29
1.7.1 Kennisdoelwit: 30
1.7.2 Gesindheidsdoelwit: 30
1.7.3 Aktiwiteitsdoelwit: 30
1.8 GROEIAREA: LEEFWêRELD 31
1.8.1 Kennisdoelwitte: 32
1.8.2 Gesindheidsdoelwitte: 36
1.8.3 Aktiwiteitsdoelwit: 36


1. GROEIFASE 1 (PASGEBORE)

VOORWOORD

"Soos pasgebore kindertjies smag na melk, moet julle smag na die suiwer geestelike melk, sodat julle daardeur kan opgroei en die saligheid verkry." (1 Petrus 2:2)
Die pasgebore geestelike baba se moontlikhede word gekenmerk deur die Een wat hom verwek het. Hy kan word wat hy in Christus is. Hy het onmiddellike geboortesorg nodig. Daar moet onmiddellik in sy mees basiese geestelike behoeftes (verteerbare geestelike voedsel, liefde, koestering, nabyheid, beskerming) voorsien word. Net sy basiese instink om te oorleef motiveer hom.

Tydens hierdie fase in die dissipel se geestelike groei moet die dissipelmaker die rol van 'n vroedvrou vertolk en toesien dat die bekeringsproses in al sy fasette goed en volledig verloop, dat die persoon skoon gewas word en bewus van sy skoonheid is en weet waar en hoe hy gevoed word met die brood van die lewe. Die persoon moet gehelp word om die naelstring wat hom met die ou lewe verbind het volledig te knip en om ten volle in Christus ingeënt te word, sonder wie hy niks kan doen nie, anders sterf hy. Hy kan nog niks vir homself doen nie. Alles wat nodig is moet vir hom gedoen word.


1.1 GROEIAREA: WOORD

INHOUD

1.1.1 Kennisdoelwitte:
a. Besit 'n basiese kennis van God.
b. Weet dat God met ons praat deur middel van die Bybel.
c. Neem kennis van die boodskap van die Bybel.

1.1.2 Gesindheidsdoelwit:
a. Begeer om te hoor wat God in sy Woord vir jou wil sê.

1.1.3 Aktiwiteitsdoelwit:
a. Begin om die Bybel te lees.


1.1.1 Kennisdoelwitte:

1.1.1.a Besit 'n basiese kennis van God.

Lees die meegaande Skrifgedeeltes om ’n basiese kennis van God te verkry (Genesis 1:1, Exodus 3:14, Psalm 14:1, 71:19, 77:15, 90:2, Jesaja 41:4, 45:15, Matteus 19:26, Johannes 1:18, Openbaring 4:8).

1.1.1.b Weet dat God met ons praat deur middel van die Bybel.

Die Bybel is die Woord van God aan mense. Hierin maak God Homself aan mense bekend (openbaar). Hy het dit op twee maniere gedoen. In die tyd voor Christus, het God met mense gepraat deur die profete. Na die geboorte van Christus, praat God met mense deur sy Seun, Jesus Christus (Hebreërs 1:1-3). Johannes noem Jesus Christus die Woord van God, wie self God is en mens geword het (Johannes 1:1-3, 14). Daarom sê Christus dat Hy en sy mede apostels dit wat hulle van die Woord gehoor, gesien en met hulle hande aangeraak het, verkondig (1 Johannes 1:1-3). God het Homself (sy Woord) dus aan mense geopenbaar. Hulle het dit oorvertel en neergeskryf onder leiding van die Heilige Gees (2 Timoteus 3:16). So het die Bybel tot stand gekom as draer van die Woord van God.

1.1.1.c Neem kennis van die boodskap van die Bybel.

Verteenwoordigers:
God het die mens geskape en hulle as sy verteenwoordigers aangestel om die aarde, in gehoorsaamheid aan Hom, te bewoon, die Skepping te bewerk en te bewaar en om daaroor te heers. Ons noem dit die skeppingsopdrag of kultuuropdrag (Genesis 1:26-28; 2:15). God sê vir ons hoe om hierdie opdrag uit te voer in sy wet - die Tien Gebooie (Exodus 20:1-17; Lukas 10:27). Kyk na die volgende vrae en besluit dan self of jy besig is om God se skeppingsopdrag volgens hierdie tien reëls uit te voer: Is enigiets of -iemand vir jou belangriker as jou Skepper? Vereer of dien jy enigiets of -iemand anders meer getrou as jou Skepper? Misbruik jy die Naam van jou Skepper? Doen jy al jou werk getrou tot eer van God? Sonder jy God se dag vir jouself en hulle saam met jou, as 'n gereelde rusdag af? Eer jy jou ouers? Het jy respek vir jou eie en ander se lewens? Het jy respek vir jou eie en ander se huwelike? Het jy respek vir jou eie en ander se eiendom? Bevorder jy die waarheid? Gun jy ander ook wat jy jouself gun?

Sonde:
Sonde is om nie die wil/wet/Woord van God te gehoorsaam nie (1 Johannes 3:4). Dit is soos om met jou rug na God te lewe. In 1 Johannes 1:5 lees ons dat God soos lig is. Om met jou rug na God te lewe, beteken dus dat jy in die donkerte van jou eie skaduwee werk. Daarom is sondaars soos blindes in die donker, wat die werke van die duisternis doen! Alle mense is sondaars (Romeine 3:23, 1 Johannes 1:8,10). Die lot van sondaars is die poel wat met vuur en swawel brand - die tweede dood (Romeine 6:23, Openbaring 21:8). God nooi elkeen van ons om die saak met Hom te kom uitmaak (Jesaja 1:18). Hy kom tot by ons in Jesus Christus wat genoem word "Immanuel" - dit is: "God met ons" (Matteus 1:23) - sodat ons lewe in oorvloed kan hê - Ewige lewe (Johannes 10:10).

Bekering:
Omdat ons nie die skeppingsopdrag volgens God se wil/wet/Woord uitvoer nie, kom Jesus Christus met 'n nuwe opdrag: "Bekeer julle" (Matteus 4:17). Bekering beteken om om te draai, terug na God jou Skepper wat aan jou lewe gegee het. So bring jy jou dade in die lig van Sy wil/woord/wet sodat jy duidelik kan sien wat jy verkeerd gedoen het, en wat God wil hê jy moet doen. In die lig van die Woord sien 'n mens jouself soos jy regtig is (Openbaring 3:17).

Belydenis:
Belydenis beteken om vir God te sê dat jy jammer is oor jou sonde, en dat jy vas van voorneme is om nie weer hierdie sonde te doen nie. Dit is soos wanneer iemand wat bankrot is, op sy knieë voor sy skuldeiser neerval en om genade smeek (1 Johannes 1:9).

Vergiffenis:
God belowe om ons sonde te vergewe as ons ons sonde bely (1 Johannes 1:9).

Liefde van God:
God is bereid om ons te vergewe omdat Hy uit liefde met ons 'n verbond of ooreenkoms gesluit het (Genesis 17:7) en uit liefde sy Seun gestuur het om met sy lewe vir ons sondes te betaal aan die kruis (Johannes 3:16).

Christus:
Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees (2 Korintiërs 5:20,21). Ons moet Christus in geloof aanneem. God belowe om jou as sy kind terug te neem as jy sy Seun Jesus Christus, as jou persoonlike Verlosser (van die skuld, smet en gevolge van jou sonde) aanneem deur in Hom te glo (Johannes 1:12; Efesiërs 2:8), en jou hele lewe aan Hom oor te gee.

Geloof:
Om te glo beteken om kennis te hê van God en sy beloftes (soos vir ons in die Bybel geopenbaar); om te vertrou dat Hy só 'n God vir my is; om myself volledig aan Hom oor te gee omdat ek Hom met my lewe vertrou. Hier is 'n gebed waarin jy, in geloof, op God se uitnodiging kan antwoord:

Liewe Here Jesus Christus, U het gesê dat U my God wil wees. Ek wil graag U kind wees. Deur U genade het ek nou omgedraai en na U teruggekom. Ek bely dat ek 'n sondaar is. Ek is jammer oor my sonde en weet dat u my sal vergewe omdat U ook vir my aan die kruis gesterf het. Ek vertrou my hele lewe aan U toe, ongeag wat dit mag kos. Ek glo dat U my ook sal opwek op die laaste dag wanneer U weer kom, volgens U belofte. Ek maak die deur van my lewe oop, sodat U by my kan inkom as my Here en my God. Amen.

Dankbaarheid:
In die Bybel leer ons hoe ons moet lewe om dankie te sê vir ons verlossing. Ons doen dit deur ons liggame aan God te offer as lewende en heilige offers wat aanneemlik vir God is (Romeine 12:1). Dit beteken dat ons hele lewe 'n lewe van dankbaarheid sal wees en dat alles wat ons met en deur ons liggame doen, soos 'n heilige lofoffer aan God sal wees. Ons mag nie aan hierdie wêreld gelyk word nie. Ons moet daarom toelaat dat God ons verander deur ons denke te vernuwe. Dan sal ons verstaan wat die wil van God is. Ons liefde moet eg wees. Ons moet haat wat verkeerd is. Ons moet vashou aan wat goed is. Ons moet mekaar soos broers liefhê en respekteer. Ons moet hard werk en die Here dien. Ons moet bly wees oor ons toekoms in Christus. Daarom kan ons geduldig wees in moeilike tye. Ons moet nie ophou bid nie (Romeine 12:1,2,9 - 21).

1.1.2 Gesindheidsdoelwitte

1.1.2.a Begeer om te hoor wat God in sy Woord vir jou wil sê.

Het jy 'n begeerte om te hoor wat God vir jou in sy Woord wil sê? Luister en soek jy gereeld na wat God deur sy Woord vir jou wil sê? Bid en vra God om hierdie begeerte in jou hart te werk en te versterk.

1.1.3 Aktiwiteitsdoelwit:

1.1.3.a Begin om die Bybel te lees.

Doen moeite om jou eie Bybel te kry. Gaan lees dan eers, op jou eie tyd, die teksverse in bogenoemde gesprekstemas (1.1.1.a-c) deur. Probeer daarna om die Johannes-evangelie in jou binnekamer deur te lees.


1.2 GROEIAREA: GEBED

INHOUD

1.2.1 Kennisdoelwitte:
a. Weet dat ons met God kan praat deur middel van gebed.
b. Weet dat ons vir God kan vertel hoe ons voel en wat ons nodig het.
c. Weet dat God gebede verhoor.

1.2.2 Gesindheidsdoelwit:
a. Begeer om met God te praat oor hoe jy voel en wat jy nodig het.

1.2.3 Aktiwiteitsdoelwit:
a. Begin om met God te praat.


1.2.1 Kennisdoelwitte:

1.2.1.a Weet dat ons met God kan praat deur middel van gebed.
Lees Mattheus 6:5-13. Gebed is die asemhaling van die Christelike lewe. Dit is soos die eerste lewenskreet van 'n pasgebore baba. Die dokter doen moeite om die baba te help om hierdie kreet te gee, want dan weet hy dat die baba gesond begin asem haal het. Daarsonder is lewe nie moontlik nie. Niks anders is meer belangrik vir geestelike groei, as gebed nie.
God begeer dat ons met Hom sal praat - dat ons ons gedagtes, begeertes, krisisse, ja ons hele bestaan met Hom moet deel in gebed. Hy stel in elkeen van sy kinders belang, en is aktief betrokke by alles wat ons dink en doen. In Genesis 3 lees ons byvoorbeeld hoedat Hy Adam en Eva in die Paradys besoek en met hulle kommunikeer.
Gebed is dikwels moeilik omdat ons nie daarmee bekend of daaraan gewoond is nie. Satan sal alles in sy vermoë doen om jou pogings om te bid in die wiele te ry, omdat dit 'n kortsluiting in sy mag en outoriteit oor jou lewe veroorsaak. Jy gaan baie hulp, oefening, dissipline, geduld, volharding en deursettingsvermoë nodig kry om hierdie lewensbelangrike kuns aan te leer. Maar hoe gouer jy dit aanleer hoe beter.

1.2.1.b Weet dat ons vir God kan vertel hoe ons voel en wat ons nodig het.
Lees Psalm 22 deur. Kyk hoedat Dawid sy gevoelens en behoeftes aan God bekendmaak in sy gebed. Alhoewel God in ons as persone belangstel, moet ons altyd onthou dat Hy God is. Hy is Skepper, Koning, Verlosser en Here van die heelal en is al ons respek, eerbied en aanbidding waardig. Tog kan jy vol vertroue en met vrymoedigheid in gebed tot Hom nader, omdat jy in Christus 'n Hoë Priester het wat as Voorspraak vir jou by die Vader intree. 'n Voorspraak wat net soos jy versoek was, al het Hy nie gesondig nie, en jou daarom ten volle verstaan. Hy nooi jou uit om tot Hom te nader (Jesaja 55; Matteus 11:28), omdat Hy jou liefhet en jou aangeneem het as sy eie.

1.2.1.c Weet dat God gebede verhoor.
Lees die meegaande verse deur (Psalm 10:17; 34:15,17; 40:1; 1 Petrus 3:12;). Gebed is nie maar 'n blote sielkundige oefening of 'n vorm van meditasie waarin ons slegs vir ons eie voordeel betrokke is nie. Dit is 'n ware gesprek met God. Hy spreek deur sy Woord, die werking van sy Gees en selfs deur sy dag-tot-dag betrokkenheid by die onderhouding van sy skepping. Ons praat en antwoord deur gebed en 'n lewe van dankbaarheid.

1.2.2 Gesindheidsdoelwit:

1.2.2.a Begeer om met God te praat oor hoe jy voel en wat jy nodig het.
Lees Filipense 4:5-7. Jy kan as gelowige die vrede, wat alle verstand te bowe gaan, ervaar nadat jy jou begeertes aan God bekend gemaak het. Bid en vra dat God 'n begeerte in jou hart sal werk en versterk om met Hom oor jouself te praat.

1.2.3 Aktiwiteitsdoelwit:

1.2.3.a Begin om met God te praat.
Begin om daagliks stiltetyd te hou. Stiltetyd bestaan uit twee dele, naamlik onderrig en kommunikasie. Jy stel jouself oop om deur God onderrig te word deur sy Woord en Gees. Jy dink hieroor na, maak dit jou eie en antwoord God deur te bid ooreenkomstig dit wat Jesus aan sy dissipels leer in Mattheus 6:5-13. Spandeer ± 50% van die tyd tot jou beskikking aan Bybellees/studie en 50% aan gebed. Lees die volledige hoofstukke, waarin die bogenoemde Skrifgedeeltes (sien doelwit 1.2.1.a-c en 1.2.2.a) voorkom, deur tydens stiltetyd.


1.3 GROEIAREA: PERSOONLIKE GROEI

INHOUD

1.3.1 Kennisdoelwitte:
a. Weet dat ons sekerheid, dat ons kinders-en-erfgename van God is, geanker moet word aan die geloofwaardigheid van God en nie aan ons emosies nie.
b. Weet wat jou toestand voorheen was en wat die feit dat jy 'n kind-en-erfgenaam van God is, vir jou inhou.
c. Besit 'n basiese kennis van die werking van die Heilige Gees in jou lewe.

1.3.2 Gesindheidsdoelwitte:
a. Aanvaar God se liefde en begeer om volgens die voorbeeld van Christus te lewe.
b. Is seker dat jy 'n kind-en-erfgenaam van God is.

1.3.3 Aktiwiteitsdoelwit:
a. Begin om by kerklike aktiwiteite in te skakel.


1.3.1 Kennisdoelwitte:

1.3.1.a Weet dat ons sekerheid, dat ons kinders-en-erfgename van God is, geanker moet word aan die geloofwaardigheid van God en nie aan ons emosies nie.
Hoe voel jy noudat jy jou lewe aan God toevertrou het? Jy sal waarskynlik 'n diepe gevoel van verligting, blydskap of satisfaksie ervaar. Ek is saam met jou bly en ek wil graag aan jou welkom sê in die gesin van die Here. Ek wil graag hê dat jy moet weet dat jy nie maar net by nog 'n klub aangesluit het nie. Jy het die ewige-kind-en-erfgenaam geword van die lewende God. Jy het 'n burger van sy koninkryk geword. Jy sal miskien eers later regtig die omvang en ewige betekenis hiervan verstaan.
Jy het moontlik spesiale "Hollywood"-effekte na jou "gebed van oorgawe" aan God verwag. As jy nie voel soos jy dink 'n kind van God behoort te voel nie, wil ek eers die rol van emosies of gevoel in die Christen se lewe aan jou verduidelik. Kom ons neem die voorbeeld van 'n stoomtrein wat die Christelike lewe voorstel. Die trein bestaan uit 'n lokomotief (kennis van God en sy Woord), kolewa (vertroue in God en sy Woord) en kondukteurswa (gevoel as vrug van ons geloof en gehoorsaamheid). Die trein kan met of sonder die kondukteurswa (gevoel) loop. Dit sal egter sinloos wees om die trein met die kondukteurswa te probeer trek. Die lokomotief (kennis) kan ook net beweeg as daar kole (vertroue) vanuit die kolewa in die lokomotief gelaai word. Net so moet jy nie jou seker-wees dat jy kind-en-erfgenaam van God is in jou emosies stel wat gedurig verander nie, maar jy moet jou geloofsvertroue by die feite van God se woord voeg om jou Christelike lewenstrein aan die loop te hou.
Jou vertroue moet geanker word aan die geloofwaardigheid van die Here - dat Hy sy beloftes wil en kan waarmaak in jou lewe. Al voel jy ver van God af, en al voel jy soms nie soos 'n kind van God nie, kan jy steeds weet dat jy sy kind-en-erfgenaam is. Dit hang van God se getroue uitvoering van sy beloftes af en nie van hoe jy daaroor voel nie. Dit is die waarheid wat ons sal vrymaak (Psalm 119:105; Johannes 8:32; Hebreërs 10:22,23).
Jy moet verstaan dat dit nie 'n magiese "towergebed" is wat jou die koninkryk van God in gewerp het die oomblik toe jy dit uitspreek nie. Die gebed was 'n eerlike uitdrukking van jou gesindheid teenoor God. God het jou uit genade as sy kind aangeneem omdat jy jou vertroue in Hom alleen gestel het (Johannes 1:12; Romeine 3:28; Efesiërs 2:8,9; 2 Timoteus 1:9).
Daar is 'n verskil tussen "glo in Christus", en "glo aan Christus". Die eerste is soos wanneer 'n loot ingeënt word in die stam van 'n gesonde boom en deel word van die nuwe boom (Johannes 15:1-11; Romeine 11:17-24). Die tweede is soos beskryf in Jakobus 2:19.
Jy moet besef dat jy nou, bo en behalwe vir die normale probleme van die lewe, die Satan ook as geswore vyand verkry het. Jy is nou geweldig kwesbaar. Satan se eerste doelwit met jou gaan wees om jou te oortuig dat jou "gebed van oorgawe" niksseggend was. Hy wil die saad vernietig voordat dit kans kry om uit te spruit (Matteus 13:4,19). Onthou, as dit met jou gebeur sal jou reaksie later, wanneer jy weer met die evangelie gekonfronteer word, wees dat jy dit al voorheen probeer het, maar dat dit nie vir jou "gewerk" het nie.

1.3.1.b Weet wat jou toestand voorheen was en wat die feit dat jy nou 'n kind-en-erfgenaam van God is, vir jou inhou.

Om die "nuwe jy" regtig te verstaan, moet ons eers vir 'n oomblik stilstaan by die "ou jy". Ek wil graag probeer om aan jou uit te wys uit watter toestand God jou verlos het. Die rede hiervoor is nie om jou te laat skuldig voel oor hoe sleg jy was nie, maar om jou te help verstaan hoe wonderlik jou "nuwe jy" is. Die Bybel sê: Jy was 'n verdoemde sondaar (Romeine 3:23; 6:23); jou sonde het 'n skeidsmuur tussen jou en God gevorm (Jesaja 59:2); jy sou die ewigheid in die hel deurbring (Openbaring 21:8); jy was nie daartoe instaat om God gelukkig te maak nie (Jesaja 64:6).
Dit is belangrik om die goeie nuus oor die "nuwe jy" te verstaan, en om jou daarmee te vereenselwig. God het jou saam met Christus lewend gemaak deurdat Hy al jou sondes vergewe het. Hy het die skuldbewys met sy eise teen jou tot niet gemaak. Deur dit aan die kruis te spyker, het Hy dit vir goed weggeneem (Kolossense 2:13,14). Paulus verwys hier in regsterme na die vryspraak wat Christus vir jou verwerf het. God het dus die oorspronklike skuldbewyse waarop al jou sondes en oortredinge aangeteken is aan die kruis van Christus vasgespyker. So het Christus daarvoor met sy lewe betaal. Die betaling van jou skuld is afgehandel. Jy is totaal vrygespreek van die sondes van die verlede, hede en toekoms - dit is genade!
Enige "afskrifte" van hierdie dokumente wat die Satan teen jou wil inbring, dra geen gewig nie. Alleen oorspronklike dokumente word in God, die Regter, se hofsaak aanvaar.
Jy is regtig vry en mag jou nie laat intimideer, skuldmanipuleer en verlam deur Satan se pogings om jou te laat glo dat jy steeds skuldig voor God is nie. Jou sonde is vergewe en vergeet (Hebreërs 10:15-17). Christus het jou skuld betaal! As jy dit betwyfel, trek jy God se Woord in twyfel.
Enige iemand wat weer skuld op jou wil laai, erken nie die Verlossingswerk van Christus in jou lewe nie, en sal voor God moet rekenskap gee!
Net so is daar vele ander soortgelyke beloftes wat God in sy Woord aan sy kinders, en aan jou, maak. Onthou, God se kinders is ook sy erfgename, en in die Ou en Nuwe Testament is hierdie erflating opgeskryf.
Jy kan dus jou seker-wees dat jy kind-en-erfgenaam van God is, aan God (wat hierdie beloftes maak) vasmaak. God is getrou aan sy beloftes! Onthou, dit gaan nie in geloof oor die sterkte van jou vertroue nie, maar wel oor God se getrouheid - geloof is nie 'n goeie werk waardeur jy iets verdien nie.
Reg deur jou lewe as Christen sal die Heilige Gees telkens die feit bevestig dat jy 'n kind van God is, deur God se beloftes in jou lewe waar te maak (Romeine 8:16). Dit wat God se Gees ontstel sal ook jou gees begin ontstel. Dit sal jou byvoorbeeld begin ontstel wanneer iemand die Naam van God ydellik gebruik, en dit wat vir God belangrik is sal ook vir jou belangrik word.
Die Heilige Gees sal jou leer en herinner aan alles wat Jesus Christus vir ons belowe en beveel het (Johannes 14:26). Hy sal jou na God laat roep as jou Vader (Romeine 8:15). Jy is nie meer 'n slaaf nie en hoef nie meer in vrees te lewe nie. Jy is 'n kind van God en 'n burger van sy koninkryk omdat jy uit die Gees van God gebore is (Johannes 3:3-5).
Lees nou Hebreërs 10:22,23 deur. As jy seker is dat jy kind-en-erfgenaam-van-God is, moet jy dit so gou moontlik met iemand deel.

1.3.1.c Besit 'n basiese kennis van die werking van die Heilige Gees in jou lewe.

Lees Galasiërs 5:25 deur. Die Bybel leer ons dat daar drie Persone is in 'n Enige Goddelike Wese. Alhoewel dit ons menslike verstand ver te bowe gaan, glo ons dit deur die Woord, in die verwagting dat ons die volkome kennis en vrug daarvan in die hemel sal geniet. Die besondere ampte en werkinge van hierdie Drie-enige God met betrekking tot ons is dat die Vader ons Skepper genoem word deur sy krag; die Seun is ons Verlosser deur sy bloed; die Heilige Gees is ons Heiligmaker deur sy inwoning in ons harte.
Waar die Vader werkend teenwoordig is, is die Seun en die Gees werkend teenwoordig. Waar die Seun werkend teenwoordig is, is die Vader en die Gees werkend teenwoordig. Waar die Gees werkend teenwoordig is, is die Vader en die Seun ook werkend teenwoordig. Vader, Seun en Gees - 'n Enige Goddelike Wese.
God laat uiterlik die evangelie aan ons verkondig en verlig ons verstand deur die Heilige Gees, sodat ons reg kan verstaan en onderskei. Hy dring ook met die kragtige werking van sy Gees in ons harte in, open dit wat gesluit is, maak sag wat hard is en besny wat onbesnede is. Hy maak my wil wat dood was lewend, en laat dit wat sleg was goed word. Hy laat wat nie wou nie wil, en maak dit wat ongehoorsaam was, gehoorsaam.
Dit is die wedergeboorte. Dit is God wat ons gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer (Filipense 2:13). 'n Wedergebore persoon is waarlik vry om God te kan gehoorsaam (Romeine 8:4). Daar is dus krag vir jou beskikbaar wat nooit daar was nie, deurdat die Heilige Gees in jou woon.
Jy moet egter onthou dat daar nou twee nature in jou teenwoordig is. Die sondige natuur, en die Gees-beheersde natuur (Romeine 8:5). Die dinge waarmee die sondige natuur hom besig hou, is vyandskap teen God - hy onderwerp hom nie aan die wet/wil van God nie (Romeine 8:7).
Jy kan nou aan die eise van die wet (aan die wil van God) voldoen - as jy jou deur die Gees laat beheers (Romeine 8:4). Die Bybel beskryf die Christelike lewe as 'n lewe waarin jou gedrag deur die Heilige Gees beheers (laat Hom Heer van jou lewe wees) moet word (Romeine 8). Omdat Christus in jou is (Romeine 8:10), woon die Gees van God ook in jou (Romeine 8:9).
Jou geestelike groei as gelowige, is 'n stap-vir-stap proses waarin jy jouself (denke, wil, emosies, dade) doelbewus aan die Heilige Gees onderwerp. 'n Boom word aan sy vrugte geken. Iemand wat hom so aan die Heilige Gees onderwerp, word aan die vrugte wat die Gees in sy lewe werk, geken (Galasiërs 5:22,23).
Die geestelike groeiproses gaan gepaard met skuld- en sonde-belydenis, daaglikse bekering en oorgawe aan God. In die proses maak jy deur die Gees 'n einde aan jou sondige praktyke, en word God se beeld in jou herstel. Omdat die Gees van Hom, deur Wie Jesus Christus uit die dood opgewek is, in jou woon, sal Hy ook jou sterflike liggaam lewend maak - deur sy Gees wat in jou woon - en sal jy dit wat God aan jou bemaak het as erfgenaam, beërwe! (Romeine 8:17).
Jy is dus nou verplig om jou deur die Gees van God te laat beheers, en 'n einde te maak aan jou sondige praktyke (Romeine 8:12). Lees ook Galasiërs 4:19; Efesiërs 5:18; 1 Johannes 5:14,15.

1.3.2 Gesindheidsdoelwitte:

1.3.2.a Aanvaar God se liefde en begeer om volgens die voorbeeld van Christus te lewe.
Lees Johannes 3:16 en 2 Tessalonisense 2:13-17. Jy kan daarvan seker wees dat God jou persoonlik liefhet. Verklaar in gebed aan God dat jy sy liefde aanvaar en dat jy begeer om volgens die voorbeeld van Christus te lewe. Dank God vir sy liefde en genade.

1.3.2.b Is seker dat jy 'n kind-en-erfgenaam van God is.

Indien 'n mens 'n boot wil vas anker om seker te maak dat dit nie op die rotse loop nie, moet jy 'n vaste ankerplek soek waaraan jy die anker kan vashaak. As jy die anker op die boot self vasmaak, sal die branders en die wind die boot nog steeds rotse toe wegdryf. Daarom moet jy 'n stewige ankerplek buite die boot vind.
Net so kan 'n mens nie jou seker-wees dat jy kind-en-erfgenaam van God is aan jou eie idees of emosies (gevoel) anker nie (sien ook doelwit 1.3.1.a). 'n Mens moet hierdie seker-wees buite jouself, aan dit wat God van Homself bekend maak, vas anker (kennis van God en sy beloftes, vir ons in die Bybel geopenbaar).

Kennis-ankerplekke:
Kom ons kyk nou na 'n paar kennis-ankerplekke waaraan jy jou seker-wees dat jy kind-en-erfgenaam van God is stewig kan anker:
 Jesus Christus het vir jou sondes aan die kruis gesterf (in die jaar 33nC. tydens die ampstermyn van Pontius Pilatus).
 Hy is na sy dood begrawe deur Josef van Arimatea.
 Hy is op die derde dag uit die dood opgewek en het aan verskeie mense verskyn (1 Korintiërs 15:3). Hierdie gebeurtenis staan histories vas. Dit kan nooit verander word nie.
 Deur sy opstanding het Jesus gedemonstreer dat sy dood nie 'n ongeluk was nie, maar deel van God se verlossingsplan, soos dit reeds meer as 'n duisend jaar vroeër deur profete voorspel is.
 Deur siekes gesond te maak, op die water te loop en storms stil te maak, duiwels uit te dryf, dooies lewend te maak en self uit die dood op te staan, het Jesus bewys dat Hy God is en sy beloftes aan ons kan uitvoer (Johannes 14:11).

Belofte-ankerplekke:
 Deur Hom só te ken kan ons Hom vertrou as Hy die volgende beloftes aan ons maak:
 Jesus Christus staan by die deur van jou lewe en klop. Hy belowe dat as jy sy stem hoor en die deur oopmaak, Hy by jou sal ingaan en saam met jou feesmaal hou (Openbaring 3:20).
 God die Vader belowe om, as jy jou sondes bely, jou getrou en regverdig te vergewe en te reinig van alle ongeregtigheid (1 Johannes 1:9).
 Jesus Christus gee aan jou, wat Hom aanneem deur in Hom te glo, die reg om 'n kind van God te word (Johannes 1:12). God getuig dat Hy aan jou die ewige lewe gegee het deur sy Seun Jesus Christus. Omdat jy die Seun het, het jy die lewe - jy wat die getuienis van God glo (1 Johannes 5:10-13).
 Daar is nou geen veroordeling vir jou wat in Christus Jesus is nie (Romeine 8:1).
 Jy is nou 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom (2 Korintiërs 5:17).
 Jesus Christus belowe dat niemand jou uit die Vader se hand kan ruk nie (Johannes 10:29). Niks kan jou ooit weer skei van God se liefde vir jou wat daar in Christus Jesus is nie (Romeine 8:38,39).
 God die Vader belowe om vir jou, wat in sy Seun Jesus Christus glo, op die laaste dag uit die dood te laat opstaan om die ewige lewe te beërwe (Johannes 6:40).
 Jy kan daarvan seker wees dat God jou liefhet, ongeag wat jy nou voel.
Lees en oordink nou die meegaande Skrifgedeeltes (Genesis 1:24-31; Johannes 3:16-18; 5:24; 6:37,51; 10:27-29; 11:25,26; 17:1-3; Handelinge 10:43; 16:31; Romeine 8:1-3,31-39; 10:13; Efesiërs 1:4-7,13,14; Kolossense 1:12-14; 2:13,14; 2 Tessalonisense 2:13-17; Hebreërs 7:24,25; 13:5; 1 Petrus 1:23; 1 Johannes 2:12; 4:10,15-17; Openbaring 1:5,6).

Getuienis van die Heilige Gees as ankerplek van jou geloof:
Lees Romeine 8:16. God se Gees wat in ons harte kom woon, getuig saam met ons gees dat ons sy kinders is. Regdeur ons Christene se lewens en geloofsgroei bevestig die Heilige Gees telkens die feit dat ons kinders van God is, deur sy beloftes waar te maak in ons lewens. So word dit wat vir God belangrik is ook vir ons al hoe meer belangrik. Die Heilige Gees leer en herinner ons aan alles wat Jesus Christus ons belowe en beveel het (Johannes 14:26).

1.3.3 Aktiwiteitsdoelwit:

1.3.3.a Begin om by kerklike aktiwiteite in te skakel.
Verkry inligting omtrent al die aktiwiteite en werksaamhede van jou plaaslike gemeente, stel jouself aan die predikant en ander lidmate voor wat leiding in hierdie aktiwiteite neem en vra of jy dit mag bywoon.


1.4 GROEIAREA: GESINSLEWE

INHOUD

1.4.1 Kennisdoelwitte:
a. Weet waarom God mense in 'n huwelik bind.
b. Weet hoe Satan probeer om 'n huwelik te ontbind.
c. Ken God se oplossing om 'n huwelik te laat slaag.

1.4.2 Gesindheidsdoelwit:
a. Respekteer jou eie en ander se huwelike en gesinslewe.

1.4.3 Aktiwiteitsdoelwit:
a. Begin om jou huwelik teen verbrokkeling te beskerm en om jou te beywer vir 'n gelukkige huwelik soos wat dit God se oorspronklike bedoeling met die instelling van die huwelik was.


1.4.1 Kennisdoelwitte:

1.4.1.a Weet waarom God mense in 'n huwelik bind.

*God se doel met die huwelik:
Die hoogste doel van die mens en sy huwelik is nie maar net dat mense gelukkig sal wees nie. Die hoogste doel is om saam, as kinders van God, Sy heerlikheid en liefde te prys en daadwerklik uit te leef en uit te dra (Romeine 15:5-7). Man en vrou verheerlik die Here deur hulle verhouding met God, met mekaar, met hulle kinders, in die kerk en die res van die samelewing.

God stel die huwelik in:
God ken die mens se behoefte. Op sy eie ondervind die mens 'n sekere soort eensaamheid en 'n soort hulpeloosheid. Die Here ken sy diepste behoeftes en maak voorsiening daarvoor. Hy skep in Sy alwysheid die vrou en lei haar na die man (Genesis 2:18; Spreuke 18:22). Sy is God se voorsiening, en so kom die huwelik tot stand, ingestel deur Hom wat die mens wil help om sinvol tot Sy eer te lewe. Tensy Hy aan iemand die gawe gee om ongetroud te bly, is die mens alleen werklik gelukkig as hy met God se voorsiening getroud is (Genesis 2:20-22). Wanneer Adam sy vrou as gawe van die Here ontvang en aanvaar, weet hy dat sy die oplossing vir sy eensaamheid en onvoltooidheid is (Genesis 2:23). Die bedoeling van God is dat die mens se behoeftes in die huwelik vervul sal word sodat hy sy roeping as skepsel beter kan vervul. Ons trou dus sodat ons Hom beter kan verheerlik. Ek moet my lewens-maat aanvaar as geskenk van God om my te help en te slyp tot Sy eer. Wonder jy of jou maat God se keuse vir jou is? Miskien het jyself in eiegeregtigheid 'n maat gekies sonder om God se leiding te soek. Bely dit.
Aanvaar dat die Here jou eiegeregtige keuse in Sy plan opgeneem het, net soos met die pare in 1 Korintiërs 7 gebeur het. Die pare het getrou toe hulle God nog nie geken het nie. Nou ken van die vroue en van die mans Hom. Uit die hele gedeelte van 1 Korintiërs 7 blyk dit egter dat God hulle as huweliksmaats beskou en dat hulle huwelike wettige huwelike in sy oë is. Weet dus dat jou maat nou ook God se keuse vir jou is.
Aanvaar jou huweliksmaat bewustelik as God se paslike keuse en gawe vir jou. Dit is juis hierdie huweliksmaat wat jy nou nodig het en wat jou nodig het. Stel jouself en jou huweliksmaat tot die Here se beskikking.
Skryf kortliks neer wat jy aan God wil sê oor jou huweliksmaat ... Sê dit openhartig aan die Here in gebed. Sê nou vir jou maat wat jy vir die Here gesê het.

Drie beginsels vir alle huwelike:
In Genesis 2:24 lees ons dat 'n man sy pa en sy ma sal verlaat en saam met sy vrou lewe, en dat hulle een sal word.
 Verlaat: Die huwelikseenheid wat God wil sien tussen man en vrou, is alleenlik moontlik as albei persone hulle op 'n manier van die vroeëre verband met hulle ouers, losmaak. Dit word aangedui deur 'n wettige en openbare handeling met die troue. Die huwelik raak ook die samelewing en die staat; daarom dat daar 'n openbare regshandeling moet plaasvind.
 Aankleef: Die woord hier met "aankleef" vertaal, kan ook met "vaskleef" vertaal word en is soms gebruik om 'n hegte band van liefde tussen twee te beskryf. Ons kan sê: in liefde word twee mense aan mekaar "gesmee" of "vasgegom" tot 'n unieke eenheid. Daar ontstaan 'n nuwe verhouding wat totaal anders is as die verhouding waarin man en vrou van tevore gestaan het. "Aankleef" beteken dat niemand nader aan jou is as jou lewensmaat nie - jy bly doelbewus so nou aan hom/haar verbind dat niks voor hom of haar kom nie, behalwe God wat beskik het dat julle bymekaar moes uitkom. 'n Mens kan ook net aan een persoon so vasgegom wees. Hierdie "aankleef"-liefde is belangrik in die huwelik - dit is die liefde wat spreek van 'n volwassenheid en wat bestaan in getrouheid.
 Een vlees wees: Deur die agterlaat van vroeëre verbintenisse en die totstandkoming van die nuwe band, word twee mense eintlik een. Die huwelik veronderstel 'n lewe van allesomvattende persoonlike gemeenskap met mekaar. Dit wat die mense die "geestelike" en die "liggaamlike" noem, word alles ingesluit. Die fisieke eenwording is 'n belangrike uiting van die eenheid van die huweliksverbintenis. Dit is 'n integrale God-gegewe deel van die huwelik. In die huweliksverhouding behoort dit sonder skaamte of skuldgevoelens geniet te word.
Verder toon Genesis dat die huwelik op sigself staan en reeds sinvol is voordat daar kinders bykom. As daar deur omstandighede geen kinders is nie, is dit nog 'n volwaardige huwelik, en is julle nog volledig man en vrou vir mekaar. Kinders is 'n bykomende seën (Psalm 127:3) in 'n huwelik en dien tot verdere groei van die egpaar (sien ook doelwit 1.4.3.a)

1.4.1.b Weet hoe Satan probeer om 'n huwelik te ontbind.

Satan probeer ook jou huwelik ontbind:
Lees 1 Petrus 5:8,9. Satan wil nie slegs hê dat mense ongelukkig sal wees nie. Sy hoogste doel is dat ons nie tot verheerliking van God sal lewe nie. As dit vir ons in ons huweliksverhouding nie in die eerste plek gaan om 'n verhoudingslewe wat die Here sal verheerlik nie, dan pas dit goed in die plan van Satan in.

Satan wil die mooie in die huwelikslewe vernietig deur die volgende geleenthede en swakhede van mense uit te buit:
Ongeloof, ontrouheid, wantroue, onenigheid, onkunde, ongehoorsaam¬heid; wanneer mense die Godgewilde doel van die huwelik vergeet of ignoreer; wanneer mense vergeet dat hulle die Here se eiendom is; sosiale geleenthede met suggestiewe dansvorms, drank, rookwalms en vuil grappe waar mense mekaar ontmoet; wanneer mense mekaar gou fisiek maar oppervlakkig leer ken en wanneer God se doel met die huwelik vir hulle duister bly; wanneer die huweliksbevestiging groot aandag kry en daar in die kerkgebou getrou word en mense dink hulle huwelik dra daarom 'n goddelike seën; wanneer ontnugtering dalk na die huweliksbevestiging mag plaasvind; wanneer 'n dodelike kompetisie tussen man en vrou ontstaan; wanneer hulle negatief op mekaar se swakhede reageer; wanneer elkeen dink dat hy/sy alleen reg is; wanneer hulle onbillike eise aan mekaar stel; wanneer hulle gedurig hulle huweliksmaat met iemand anders vergelyk; wanneer hulle dalk na 'n ruk twyfel aan die feit dat hulle lewensmaats die regte persone is; wanneer man en vrou te besig raak en by mekaar verby begin leef; wanneer geleenthede en omstandighede ontstaan waarin 'n derde persoon vir die man of die vrou 'n groter aantrekkingskrag kry as wat sy/haar huweliksmaat het; wanneer familielede en ander op 'n ongesonde manier toegelaat word om in te meng met die huwelik; wanneer man en vrou nie daarin slaag om waarlik intiem te kommunikeer in ontspanne gesprekke en tydens seksuele gemeenskap nie; wanneer man en vrou nie daagliks saam kan Bybelstudie doen en bid nie; wanneer huweliksmaats nie doelgerig werk aan groei op die terrein van kommunikasie, onselfsugtige behoeftevervulling, persoonlike lewensvervulling en selfopofferende liefdesdiens nie; wanneer mense glo dat hulle vaal huwelikslewe normaal is, dat dit nie sal verander nie en dat alle huwelike maar so lyk.
Die Satan is dus daarop uit om huwelike te verwoes. Hy probeer op elke denkbare manier om daarin te slaag. Alleen met God se hulp kan die bose planne van Satan uit ons gedagtes en lewens uitgeroei word! Die Here wil jou help om van jou huwelik 'n gelukkige huwelik te maak sodat jy Hom daardeur kan verheerlik.

1.4.1.c Ken God se oplossing om 'n huwelik te laat slaag.

Beantwoord jou huwelik aan God se ideaal?
Elkeen van ons sal bereid wees om te erken dat ons huwelik nie altyd in alle opsigte aan God se ideaal beantwoord nie. Gelukkig hoef ons nie tevrede te wees met 'n huwelik wat nie aan God se ideaal beantwoord nie. Daar is 'n pad van groei wat ons gaan uitbring by God se ideaal. Wanneer daar fout is, lê die fout nie by die huwelik nie, maar by die mense in die huwelik.

Die grootste rede vir ongelukkigheid in die huwelik:
Die Bybel stel dikwels die mens se lewe as 'n huis voor. Soms lewe 'n persoon as die alleenregeerder in sy eie huis. Hy is sy eie baas en maak soos hy goed dink. Hy leef vir homself omdat sy lewe om homself sentreer. As twee sulke mense in die huwelik tree dan vind daar 'n botsing plaas. Die rede daarvoor is dat daar nie plek vir twee regeerders in dieselfde huwelik is nie. Die een regeerder bedreig nou die ander een, want hulle moet in een huis saamwoon. Dan ontstaan die vraag: Wie gaan wen? Wie moet ingee? Wie moet die minste wees?
Die enigste oplossing lê daarin dat daar 'n eenheid van buite af kom. Die twee regeerders moet van hulle trone afsien en Jesus Christus as Koning van albei se lewens aanvaar. So word die botsing uitgeskakel. Albei hierdie mense moet vir Jesus as hulle persoonlike Verlosser leer ken. Hulle moet ook vir Jesus as Koning in hulle lewens aanvaar en Sy oppergesag elke dag in die praktiese lewe uitleef. Dan sal hulle oorwinning hê oor probleme en botsings wat mag kom.
Jy moet Jesus Christus se dissipel wees (Lukas 14:26,27). Dit beteken dat jou liefde vir Hom so groot moet wees dat jou liefde vir jou pa, ma, vrou, kinders, broers en susters eintlik na haat lyk. Indien ons 'n huwelik wil bou, moet ons dit aanpak as ware dissipels van die Here Jesus wat onder Sy Koningskap ons alles gee vir Sy eer en die uitbreiding van Sy Koninkryk!

1.4.2 Gesindheidsdoelwit:

1.4.2.a Respekteer jou eie en ander se huwelike en gesinslewe.

Bid vir jou huweliksmaat, huwelik en gesin. Vra dat God 'n gesindheid van respek vir die huwelik in jou sal werk en versterk.

1.4.3 Aktiwiteitsdoelwit:

1.4.3.a Begin om jou huwelik teen verbrokkeling te beskerm en om jou te beywer vir 'n gelukkige huwelik soos wat dit God se oorspronklike bedoeling met die instelling van die huwelik was.
Beantwoord die volgende vrae eerlik vir jouself, in die lig van wat die Here in Genesis 2:24 ook aan jou gesê het: Is jy en jou huweliksmaat groot vriende? Wie is die naaste aan jou van die volgende persone: jou lewensmaat of jou kind(ers) of iemand anders of 'n ander saak of besigheid? Laat julle toe dat familie en vriende op 'n ongesonde wyse met julle huwelik inmeng? Is jy heeltemal tevrede ten opsigte van die seksuele in julle huwelik? Dink jy jou maat is daarmee tevrede? Kan jy met sekerheid sê dat jou belangrikste en intiemste verhouding met 'n ander mens jou verhouding met jou huweliksmaat is? Kan jy ook met alle sekerheid sê dat jy hierdie verhouding in liefde nastreef as opdrag van God in elke aspek van jou huwelik?


1.5 GROEIAREA: GEMEENSKAP

INHOUD

1.5.1 Kennisdoelwit:
a. Weet dat jy deel is van God se huisgesin.

1.5.2 Gesindheidsdoelwit:
a. Besit 'n behoefte om kontak te maak met mede gelowiges en aktief deel te word van God se huisgesin.

1.5.3 Aktiwiteitsdoelwit:
a. Soek kontak met mede gelowiges.


1.5.1 Kennisdoelwit:

1.5.1.a Weet dat jy deel is van God se huisgesin.

Lees Matteus 12:46-50, Markus 10:29-31 en Lukas 18:29 deur. Jy is deel van God se huisgesin. Jy sal onder andere die swaarkry saam met hierdie nuwe gesin ervaar, maar ook die ewige lewe soos Jesus belowe het.

1.5.2 Gesindheidsdoelwit:

1.5.2.a Besit 'n behoefte om kontak te maak met mede gelowiges en om aktief deel te word van God se huisgesin.

Bid tot God en vra dat Hy hierdie gesindheid in jou hart sal werk en versterk.

1.5.3 Aktiwiteitsdoelwit:

1.5.3.a Soek kontak met mede gelowiges.

Die ware kerk word daaraan gekenmerk dat die Woord van God suiwer bedien word, die Nagmaal en Doop suiwer bedien word en die tug suiwer toegepas word (sien doelwit 3.5.1.d). Sluit by 'n kerk wat aan hierdie vereistes voldoen en waar God Drie-enig aanbid word aan, en raak betrokke by die werksaamhede van die kerk.


1.6 GROEIAREA: GETUIENIS

INHOUD

1.6.1 Kennisdoelwitte:
a. Weet dat 'n Christen teenoor ander moet getuig dat Jesus Christus die Here en Verlosser is.
b. Weet dat die Satan poog om jong Christene te laat twyfel oor hulle verlossing in Jesus Christus.

1.6.2 Gesindheidsdoelwit:
a. Begeer om aan iemand te vertel dat Jesus Christus jou Here en Verlosser is.

1.6.3 Aktiwiteitsdoelwit:
a. Vertel aan iemand dat Jesus Christus jou Here en Verlosser is.


1.6.1 Kennisdoelwitte:

1.6.1.a Weet dat 'n Christen teenoor ander moet getuig dat Jesus Christus die Here en Verlosser is.
Getuienis beteken vir die Christen om dit wat hy self van Jesus Christus gehoor, gesien, gelees en ervaar het, aan ander mee te deel (1 Johannes 1:1-4). Dit is lewensnoodsaaklik vir 'n pasgebore baba om te huil, ten einde suurstof in sy longe te kry. Netso moet 'n nuutgebore Christen teenoor iemand anders bely dat hy glo dat Jesus Christus sy Here en Verlosser is. Dit beteken nie dat hy alles moet verstaan of kan verduidelik nie. Hy moet net dit wat hy weet meedeel (Matteus 10:32,33; Romeine 10:8-11).

1.6.1.b Weet dat die Satan poog om jong Christene te laat twyfel oor hulle verlossing in Jesus Christus.

Lees die meegaande Skrifgedeeltes (1 Kronieke 21:1; Job 2:4,5,7; Sagaria 3:1; Markus 4:15; Lukas 4:6-8; 22:31; Johannes 13:2,27; 2 Korintiërs 11:1-4,14,15; 2 Tessalonisense 2:3,4).

1.6.2 Gesindheidsdoelwit:

1.6.2.a Begeer om aan iemand te vertel dat Jesus Christus jou Here en Verlosser is.

Dit is belangrik om die boodskap van Jesus Christus (sien doelwit 1.1.1.c) as Here en Verlosser te verstaan en daardeur aangegryp te word. As dit vir jou waar is, sal jy deur sy liefde gedring word en sal jy nie daaroor kan stilbly nie (Handelinge 4:1-22).
Lees Johannes 18-21 aandagtig deur, sodat jy tot 'n diepe besef kan kom van wat Jesus Christus ook vir jou gedoen het. Bid tot God, en vra dat Hy hierdie begeerte in jou hart sal werk en versterk.

1.6.3 Aktiwiteitsdoelwit:

1.6.3.a Vertel aan iemand dat Jesus Christus jou Here en Verlosser is.

Vertel dit wat jy van Jesus Christus glo eers aan iemand met wie jy jou diepste gevoelens kan vertrou en daarna ook aan iemand anders. Onthou dat jy in hierdie getuienis ook moet bely dat jy glo dat dit wat jy bely waar is.


1.7 GROEIAREA: BEDIENING

INHOUD

1.7.1 Kennisdoelwit:
a. Weet dat die Here jou wil voorberei en gebruik vir 'n spesifieke taak in sy diens.

1.7.2 Gesindheidsdoelwit:
a. Is opgewonde oor die feit dat die Here jou in sy diens wil gebruik.

1.7.3 Aktiwiteitsdoelwit:
a. Neem waar hoe ander Christene hulle genadegawes gebruik.


1.7.1 Kennisdoelwit:

1.7.1.a Weet dat die Here jou wil voorberei en gebruik vir 'n spesiale taak in sy diens.

Lees 1 Korintiërs 12:1-11.

1.7.2 Gesindheidsdoelwit:

1.7.2.a Is opgewonde oor die feit dat die Here jou in sy diens wil gebruik.

Bid tot God en vra dat Hy jou opgewonde sal maak oor die feit dat Hy jou in sy diens wil gebruik, en dat Hy hierdie gesindheid in jou lewe sal werk en versterk.

1.7.3 Aktiwiteitsdoelwit:

1.7.3.a Neem waar hoe ander Christene hulle genadegawes gebruik.
Identifiseer bekende Christene en hulle gawes. Kyk hoedat hulle hulle genadegawes gebruik.


1.8 GROEIAREA: LEEFWêRELD

INHOUD

1.8.1 Kennisdoelwitte:
a. Weet dat God die Skepper van hemel en aarde is.
b. Ken God se Skeppingsopdrag.
c. Kan onderskei tussen natuur en kultuur.
d. Ken die reëls waarvolgens ons God moet verteenwoordig.
e. Verstaan die verhouding tussen sonde en kultuur.
f. Verstaan hoe bekering ons kultuur raak.
g. Verstaan hoe sondebelydenis en -vergiffenis ons kultuurtaak en -produk raak.
h. Verstaan die rol van die Christen ten opsigte van omgewingsbewaring.

1.8.2 Gesindheidsdoelwitte:
a. Respekteer dit wat God geskape het.
b. Begeer om God te verteenwoordig in sy skepping, in gehoorsaamheid aan sy wet/woord/wil.

1.8.3 Aktiwiteitsdoelwitte:
a. Neem waar hoe mense God se skepping hanteer.
b. Neem die skoonheid in God se skepping waar.


1.8.1 Kennisdoelwitte:

1.8.1.a Weet dat God die Skepper van hemel en aarde is.

Lees Genesis 1:1-31 en 2:1-3 deur.

1.8.1.b Ken God se Skeppingsopdrag.

God het die mens geskape en hulle as sy verteenwoordigers aangestel om die aarde, in gehoorsaamheid aan Hom, te bewoon, die Skepping te bewerk en te bewaar en om daaroor te heers. Ons noem dit die skeppingsopdrag (Genesis 1:26-28, 2:15).

1.8.1.c Kan onderskei tussen natuur en kultuur.

Natuur is alles wat God geskape het. Kultuur is alles wat die mens in en met God se skepping maak.
'n Ander woord vir die skeppingsopdrag, is kultuuropdrag (Genesis 1:26-28; 2:15). Die mens is geskape om die opdrag te kan uitvoer. Hy beleef dan juis selfaktualisering wanneer hy hierdie opdrag in gehoorsaamheid uitvoer.
God sê vir ons hoe om hierdie opdrag uit te voer in sy Wet - die Tien Gebooie (Exodus 20:1-17, Lukas 10:27).

1.8.1.d Ken die reëls waarvolgens ons God moet verteen-woordig.

Leer die volgende opsomming van die Tien Gebooie:
Jy mag naas My geen ander gode hê nie. Jy mag nie enige afbeelding maak, vereer of dien nie... Ek eis onverdeelde trou aan My. Jy mag die Naam van God nie misbruik nie. Ses dae moet jy werk en alles doen wat jy moet. Sorg dat jy die Sabbat heilig hou. Dan mag jy geen werk doen nie. Heilig dit as 'n gereelde rusdag. Eer jou vader en jou moeder. Jy mag nie moord pleeg nie. Jy mag nie egbreuk pleeg nie. Jy mag nie steel nie. Jy mag nie vals getuienis teen 'n ander gee nie. Jy mag nie iemand se vrou of huis begeer... of enigiets wat aan hom behoort nie.

1.8.1.e Verstaan die verhouding tussen sonde en kultuur.

Sonde is om nie die wil/wet/woord van God te gehoorsaam nie (1 Johannes 3:4). Dit is soos om met jou rug na God te staan/lewe. In 1 Johannes 1:5 lees ons dat God soos lig is. Om met jou rug na God te staan/lewe, beteken dus dat jy in die donkerte van jou eie skaduwee werk (jou kultuurtaak uitvoer). Daarom is sondaars soos blindes in die donker, wat die werke van die duisternis doen.
Donker werk is konkel werk. Daarom is ons kultuurskeppinge dikwels teenstrydig met die wil van God. Dit vernietig dikwels God se natuur/skepping eerder as om dit volgens sy wil bruikbaar te maak in diens van God, my naaste en myself.
Alle mense is sondaars (Romeine 3:23, 1 Johannes 1:8,10). Die lot van sondaars is die poel wat met vuur en swawel brand - die tweede dood (Romeine 6:23, Openbaring 21:8).
God nooi elkeen van ons om die saak met Hom te kom uitmaak (Jesaja 1:18). Hy kom tot by ons in Jesus Christus wat genoem word "Immanuel" ("God met ons") - sodat ons lewe kan hê in oorvloed - Ewige Lewe (Matteus 1:23; Johannes 10:10).

1.8.1.f Verstaan hoe bekering ons kultuur raak.

Omdat ons nie die skeppingsopdrag volgens God se wil/wet/woord uitvoer nie, kom Jesus Christus met 'n nuwe opdrag: "Bekeer julle" (Matteus 4:17). Bekering beteken om om te draai, terug na God jou Skepper wat aan jou lewe gegee het.
So bring jy jou dade in die lig van sy wil/woord/wet sodat jy duidelik kan sien waar dit wat jy doen, maak of gemaak het, God, jou naaste of jouself benadeel. In die lig van die woord/wet/wil kan jy dan ook duidelik sien wat God wil hê jy moet doen, en hoe jy dit moet doen. In die lig van die woord/wil/wet sien 'n mens jouself soos jy regtig is (Openbaring 3:17).
Dan kan jy hierdie foute reg aan God bely, vergiffenis daarvoor vra en dit gaan regmaak sover menslik moontlik. As jy byvoorbeeld 'n baadjie vir iemand maak, sonder om die persoon se mate te neem, kan dit gebeur dat die baadjie te klein vir hom mag wees. 'n Baadjie wat te klein is, veroorsaak ongemak, verleentheid en selfs liggaamlike en psigiese pyn. Die persoon wat die baadjie ontvang kan twee dinge doen:
 Hy kan hom of vererg en die baadjie stukkend skeur, met die gevolg dat hy in die koue verkluim,
 of hy kan aan jou (wat waarskynlik onbewus daarvan is dat die baadjie nie aan sy goeie bedoeling beantwoord nie), die probleem verduidelik. In die lig van sy verduideliking kan jy sy mate neem en die baadjie regmaak, met die gevolg dat jy jou kultuuropdrag op die regte manier uitgevoer het, en hy gemaklik, trots en warm is.

1.8.1.g Verstaan hoe sondebelydenis en -vergiffenis ons kultuurtaak en -produk raak.

Belydenis beteken om vir God te sê dat jy jammer oor jou sonde is. Dit is soos wanneer iemand wat bankrot is, op sy kneë voor sy skuldeiser neerval en om genade smeek.
God belowe ons om ons sonde te vergewe as ons ons sonde bely (1 Johannes 1:9). Hy verwag van ons om netso ook hulle te vergewe wat teen ons oortree (Matteus 6:12,14,15).
God is bereid om ons te vergewe omdat Hy uit liefde met ons 'n verbond gemaak het (Genesis 17:7) en uit liefde sy Seun gestuur het om met sy lewe vir ons sondes te betaal aan die kruis (Johannes 3:16).
Ons moet verstaan dat ons nie al die foute wat ons in ongehoorsaamheid en onwetendheid gemaak het, kan regmaak nie. Christus was sonder sonde, maar God het Christus in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons geloof en eenheid met Christus (Johannes 15:1-8), deur God vrygespreek kan wees (2 Korintiërs 5:20,21).
God belowe om jou as sy kind terug te neem as jy sy Seun Jesus Christus, as jou persoonlike Verlosser (van die skuld, smet en gevolge van jou sonde) aanneem deur in Hom te glo (Johannes 1:12, Efesiërs 2:8).
Geloof (om te glo) beteken: Om kennis te hê van God en sy beloftes; om te vertrou dat Hy só 'n God vir jou is; om jouself volledig aan Hom oor te gee omdat jy Hom met jou lewe vertrou.
'n Gereinigde hart vind neerslag in die kultuur wat ons produseer. Dit is dan nie meer die gevolg van ons sonde nie, maar die vrug van ons liefde en dankbaarheid.

1.8.1.h Verstaan die rol van die Christen ten opsigte van omgewingsbewaring.

"Do you realise that you are important for the environment? The environment is the area in which you find yourself. It is the totality of all the living and non-living creatures of God in this area. If you touch these creatures, you change them. You either change them into something useful or you destroy them.

Natural environment:
"The part of the creation of God not being changed by man, is called the natural environment, for instance rivers, lakes, mountains, planes, forests, flowers and the sea. The basic elements that compose the natural environment are: water, soil and air.

Cultural environment:
"The part of the creation being changed by man, is called the cultural environment such as towns, cities, buildings, furniture, motorcars, newspapers, structures, etcettera.
You are responsible:
"But why are you so important for your environment? Because, you as a human being, is the most intelligent part of the environment. God therefore made you responsible to take care of your environment. This is a very great responsibility because the survival of man on earth depends on the stable and continued existence of a suitable environment. If we destroy our natural environment, we destroy those things that we need for survival like air, water, soil, animals, plants, people, etcettera.

Conservation:
"What does conservation mean? Conservation means to take care of God's creatures in your environment. How can we take care of (conserve) our natural environment? Natural resources can be divided into two types: renewable and non-renewable resources. Sometimes some natural resources can be made new (renewable resources) and can therefore be used again. Water can be purified, seeds can be planted, animals can reproduce, soil can be regenerated. The problem is that this is time-consuming and expensive.
"Most of the time though, natural resources cannot be made new (non-renewable resources) and can never be used again. Air and water-purifying mechanisms are expensive. Fertilizers to regenerate the soil are also seldomly available. Animals may not reproduce as quickly as man kills them. Minerals (like coal, gold, diamonds, platinum, uranium, chromium, iron) can never be made new. People can reproduce, but you can never bring a dead child, mother or friend back to life again. If all the natural resources have been used, we will have to go without them, as will the generations to come.
"Taking care of (conserving) your environment thus means not to pollute air that can't be purified; not to pollute water that can't be purified; not to fell a tree if you don't plant a tree; not to kill animals if their survival is at stake; to use our minerals sparingly so that there will be enough left for the generations to come; to protect the lives of our fellow men.
"In other words: when it is ensured that water and soil are renewed and that plants, animals and our fellow men survive, these resources are utilised in a sensible way, and conservation has taken place.
"When minerals that can't be renewed are utilised according to a set plan, in order to ensure that it is preserved, conservation takes place. This is the reason why useful waste materials, such as water, paper, plastic, glass, scrap iron, etcettera, must be recycled. Conservation then aims at maintaining a proper balance between development on the one hand, and the preservation of natural resources on the other.
"Why do we have to take care of (conserve) our natural environment? For today: Everyone prefers to live in an environment where the quality of life is acceptable to him. This is the aspiration of every human being. Isn't it yours as well? For tomorrow: The way we change (live in) our world today determines our future environment. Everyone wants to ensure an acceptable environment for his children. Conservation means survival. Helping your environment to survive means that your environment can provide surviving possibilities for you in return. Shall we take care and survive, or shall we destroy and die? Take care!"

1.8.2 Gesindheidsdoelwitte:

1.8.2.a Respekteer dit wat God geskape het.

Bid tot God en vra dat Hy hierdie gesindheid in jou sal werk en versterk.

1.8.2.b Begeer om God te verteenwoordig in sy skepping, in gehoor-saamheid aan sy wet/woord/wil.
Bid tot God en vra dat Hy hierdie gesindheid in jou sal werk en versterk.

1.8.3 Aktiwiteitsdoelwit:

1.8.3.a Neem waar hoe mense God se skepping hanteer.

Gaan kyk hoe mense hulleself, mekaar, diere, plante, grond ensovoort, vernietig in hulle ongehoorsaamheid aan God se wil/wet/woord.

1.8.3.b Neem die skoonheid in God se skepping waar.

Begin om met al jou sintuie die skoonheid in God se skepping waar te neem. Gaan vir 'n maand lank elke oggend met sonsopkoms na 'n tuin of oop stuk veld waar dit vir jou mooi is. Kyk, luister, ruik, tas, proe en dink dan voordat jy God bedank vir die skoonheid van sy skepping.